Die ANC se Vrystaat-korps wil nou sommer sélf van sy uitvoerende burgemeester in die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana, ontslae raak.

Die party meen daar is, met hom aan die stuur, géén politieke leierskap in die metro nie.

Netwerk24 berig Oupa Khoabane, woordvoerder van die Vrystaatse tussentydse komitee van die ANC, het bevestig ‘n besluit is geneem dat Siyonzana die trekpas moet kry.

Khoabane het gesê daar kan nie dadelik ‘n tyd gegee word wanneer dit sal gebeur nie.

‘n Nasionale proses sal eers binne die ANC moet volg, aangesien ‘n kortlys van kandidate opgestel sal moet word.

Intussen het Johan Pretorius, die DA se koukusleier in die Vrystaat, gesê hulle neem kennis van ‘n nuuskonferensie wat verlede week onder leiding van ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gehou is.

Siyonzana en ander ANC-raadslede se verwydering is skynbaar by die konferensie bespreek.

Die DA se Mangaung-koukus het in September verlede jaar reeds ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester ingedien, maar wag nog steedsdat die mosie ter tafel gelê word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×