Die ANC staan vierkant agter die vryheid en selfbeskikking van Palestina.
Aldus President Cyril Ramaphosa verduur die mense van Palestina dít wat Suid-Afrikaners gedurende die apartheids-era moes deurmaak.
Ramaphosa het gister met ‘n afvaardiging van die Verenigde Ulama-raad en die SA Vriende van Palestina vergader.
Hy sê die uiters bloedige konflik in Gasa is niks anders nie, as ‘n volksmoord-slagting van Palestyne.
Hy sê die ANC volg die denkskool dat ‘n tweestaatoplossing die antwoord is om ‘n einde aan die Gasa-konflik te maak.