Die ANC stel skynbaar nie daarin belang om die oorsaak van veldbrande in die Vrystaat te laat ondersoek nie.

Hy het Vrydag ‘n mosie deur die VF Plus afgestem.

Die mosie verwys na die moontlike versuim van munisipaliteite om brandvoorkomingsmaatreëls toe te pas. Armand Cloete, VF Plus-LPW, sê gebrekkige watervoorsiening het byvoorbeeld tot gevolg dat dit dikwels onmoontlik is om brande te blus.

Meer as 300 000 hektaar in die Vrystaat is reeds in vanjaar se brandseisoen verwoes.

Die oorsaak van meeste van die 5 000-plus brande, is onbekend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×