Die ANC stel voor dat die regeringsverkiesing uitgestel word

Die ANC se adjunksekretaris-generaal, Jessie Duarte het in die party se voorlegging aan die Moseneke-kommissie voorgestel dat die komende plaaslike regeringsverkiesing op 27 Oktober, uitgestel word met minstens ‘n maand of tot ses maande.  Die Moseneke-kommissie is daar gestel om die haalbaarheid van die verkiesing te midde van die coronaviruspandemie te ondersoek. Volgens Duarte is dit bykans onmoontlik om ‘n vrye en regverdige verkiesing te hou tydens Vlak 3 of Vlak 4 van die inperkingsregulasies…. Intussen het Netwerk24 berig dat joernaliste op hierdie stadium geintimideer word by die regstreekse uitsending vanaf Nkandla by ‘n saamtrek van MK-veterane by Zuma se huis.  Talle mediakanale moes n rukkie gelede die regstreekse dekking kortknip.

Luister na potgooie hieronder