Die ANC stoomroller voort met litigasie teen die openbaarmaking van sy rekords oor beweerde kaderontplooiing.
Die party verlaat hom nou op die konstitusionele hof om ‘n besluit oor die beskikbaarstelling van die rekords te neem.
Dit beteken die ANC appelleer nou na die hof wat deur hoofregter Raymond Zondo gelei word.
Zondo het in die verslag van sy kommissie se staatskapingsondersoek verklaar dat kaderontplooiing onwettig en ongrondwetlik is.
Die DA dring daarop aan dat alle rekords – sedert president Cyril Ramaphosa die ontplooiingskomitee se voorsitter was – openbaar gemaak moet word.