Die ANC het uMkhonto We Sizwe, of MK, en die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, hof toe geneem oor die party se registrasie. Die party wil hê die verkiesingshof moet die OVK se registrasie van MK ongeldig en onwettig verklaar.

Die ANC het die OVK daarvan beskuldig dat hy regulasies verontagsaam het toe hy MK in September geregistreer het. Die saak sal op 19 Maart by die verkiesingshof in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein aangehoor word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×