Die president van die regerende party, Cyril Ramaphosa, het glo gesê die party soek nou geld om sy werkers te betaal.

Die werkers het gister weer hul salarisse geëis.

Hulle beweer dat daar tot soveel as drie maande se salarisse aan sommige van hulle verskuldig is.

Hulle het gedreig om die ANC se bedrywighede tot stilstand te dwing as hul salarisse nie betaal word nie.

Die werknemers het reeds verlede maand aangedui dat hulle ‘n nasionale stilstand beplan.

Rosestad-nuus het op 16 September berig personeellede van die ANC het toe beplan om ‘n algehele sluiting van die regerende party se kantore in álle provinsies te bewerkstellig.

Ramaphosa het glo gesê die ANC is nou op soek na skenkings ten einde sy werkers te kan betaal.


error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×