Die ANC-vroueliga stel voor dat die regerende party twee adjunkpresidente en twee adjunk-sekretaris-generaals moet hê. Dit sal die aantal nasionale amptenare van die huidige topses tot agt verhoog. Gepaardgaande met die oproep vir die toename in topamptenare is daar ook ʼn versoek dat 50% van die top amptenare vroue moet wees. Dit sal in ooreenstemming met die party se geslagsgelykheidsbeleid wees. Die voorstel vir twee adjunkpresidente is nie ’n nuwe verskynsel nie. Oudpresident Jacob Zuma het in 2017 ook die oproep vir twee adjunkpresidente gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×