Die regerende ANC sê hy wil binne die volgende twee jaar ’n basiese inkomstetoelaag aankondig. Die party het die aankondiging gemaak enkele dae voordat Suid-Afrikaners volgende week Woensdag na stemlokale gaan.

Maatskaplike toelaes was een van die onderwerpe wat deur politieke partye gebruik is om vir stemme vir hierdie verkiesing te veg. Die ANC het vrees uitgespreek dat maatskaplike toelaes geskrap sal word as hy die verkiesing verloor, terwyl opposisiepartye belowe het om die toelaes te verhoog as hulle wen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×