Die ANC is bereid om met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid te onderhandel om die begroting goedgekeur te kry.

Netwerk24 berig dat die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, dit gesê het, maar die ANC sal nie onderdanig wees nie.

Vir die eerste keer sedert demokrasie sal die ANC ander partye se steun nodig hê om die begroting goed te keur.

Sommige partye meen die regering moes eerder uitgawes verminder as om BTW te verhoog.

Mbalula sê kabinetsposte is reeds verminder en dat sogenaamde luukshede, soos blou ligte, bloot verkeersbeheer is.

Hy meen ook dat die DA se besware teen die begroting daarop dui dat die party transformasie wil blokkeer.

Hy sê die ANC bly oop vir onderhandelinge en glo die begroting is goed gebalanseerd.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×