Die anit-apartheidsaktivis doktor Allan Boesak wil geen deel hê daarin dat Louis Bothalaan in Johannesburg na hom vernoem word nie.

Boesak was skynbaar aanvanklik geneë met die naamsverandering, maar het sy aanvaarding teruggetrek, nadat die Patriotic Alliance, of PA, gister openlike steun aan Israel toegesê het.

EWN berig luidens ‘n brief aan Kenny Kunene, adjunkpresident van die PA, skryf Boesak hy “wil nie geassosieer word met ’n party wat die apartheidstaat, Israel, steun nie.”

Kunene sê die PA wou Boesak vir sy bydrae tot vryheid in Suid-Afrika vereer.

Voorts is Kunene nie spyt oor sy openlike steun van Israel nie, en stem hy nie met Boesak saam dat Israel ‘n apartheidstaat is nie.

Volgens Kunene is Boesak bloot ondankbaar, en is daar baie ander anti-apartheidshelde wat te bly sal wees as ‘n straat na hulle vernoem word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×