Die anti-apartheidsaktivis Aziz Pahad is gistraand in die ouderdom van 82 jaar oorlede.

Mahlengi Bhengu-Motsiri, ANC-woordvoerder, het dit bevestig.

Volgens netwerk24 is hy is in sy huis in Saxonworld oorlede, deur familielede omring.

Dr. Fazel Randera, die Pahad-familie se woordvoerder, sê dit is met hartseer dat hulle die dood die aand van 27 September van hul geliefde Aziz Goolam Hoosein Pahad aankondig.

Hy word beskryf as “ ’n patriot, vryheidsvegter en dienskneg van die mense gedurende sy lewe”.

Hy laat sy vrou, Angina, kinders, sy kleindogter, ’n broer en uitgebreide familie agter. Pahad was van 1994 tot 2008 die adjunkminister van buitelandse sake.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×