Die appèlhof in Bloemfontein gaan na alle waarskynlikheid weer ‘n vroueregter as hoof kry.

Netwerk24 berig hierdie sprake volg nadat president Cyril Ramaphosa hoofregter Raymond Zondo ingelig het dat hy dit oorweeg om regter Mahube Betty Molemela as president van die appèlhof aan te stel.

Molemela wie oorspronklik van Bloemfontein is, is nou ‘n regter in die appèlhof.

Sedert regter Mandisa Maya, in September as adjunkhoofregter van die land aangestel is, is die presidentsposisie in die appèlhof se stoel leeg.

Maya is die eerste vrou om hoof van die appèlhof te word.

Ramaphosa het gesê Molemela het die afgelope 15 jaar ‘n indrukwekkende loopbaan gevestig.

Sy is in 2008 as regter in die Vrystaatse hooggeregshof aangestel.

Gedurende haar 15 jaar op die regbank, het sy vir drie jaar as regterpresident van die hooggeregshof in die Vrystaat gedien, en is in 2019 tot appèlhofregter bevorder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×