Die Appèlhof in Bloemfontein het Xander Bylsma se aansoek om te appelleer van die hand gewys

 Die Appèlhof in Bloemfontein het Xander Bylsma se aansoek om te appelleer van die hand gewys

Die Appèlhof in Bloemfontein het die veroordeelde moordernaar, Xander Bylsma van Noordwes, se aansoek om te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis, van die hand gewys.

Rosestad Nuus het vroeër berig dat Bylsma hom na die Appèlhof in Bloemfontein sal rig om sy skuldigbevinding aan die dubbele moord in Stella naby Vryburg in 2018 te betwis.

Bylsma het twee lewenslange vonnise ontvang vir die moorde op twee meisie van die Hoërskool Stella.

Die liggame van die 17-jarige Marna Engelbrecht en die 16-jarige Sharnelle Hough is in die koshuis van
die Hoërskool Stella aangetref.

Bylsma het die meisies verwurg en gepoog om dit soos selfmoord te laat lyk.

LeandreAdmin@