‘n Haarfyn beplande regstrategie, om sy eie strafregtelike vervolging doelbewus te laat sloer.

Dít is hoe senior advokaat Geoff Budlender, oudpresident Jacob Zuma se litigasiestyl vroeër vandag in die appèlhof in Bloemfontein beskryf het.

Budlender verteenwoordig die senior staatsadvokaat, Billy Downer. Zuma wil Downer, asook die News24-joernalis, Karyn Maughan, privaat laat vervolg.

Zuma voer aan dat Downer – wie namens die staat in Zuma se korrupsieverhoor optree – na bewering inligting oor sy mediese toestand aan Maughan gelek het. Netwerk24 berig Zuma se appèlaansoek volg nadat die hooggeregshof in Pietermaritzburg sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het.

Downer en Maughan het intussen ’n afdwingingsbevel bekom en dit is hierteen wat Zuma geappelleer het. Uitspraak word voorbehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×