Die appèlhof het ‘n aansoek van Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, oor die terugbetaling van ‘n bonus van R11,5 miljoen met koste van die hand gewys.
Motsoeneng wou appèl aanteken teen die hooggeregshof se besluit dat dié astronomiese bonus ongeldig en onregmatig is.
Netwerk24 berig die hof het Motsoeneng beveel om binne sewe dae ná die bevel die R11,5 miljoen terug te betaal.
Hy moet ook rente van 15,5% per jaar, bereken vanaf September 2016, by die bedrag voeg.