Die voorverhoor in die strafsaak van Ace Magashule en sy medebeskuldigdes word Vrydag in die hooggeregshof in Bloemfontein voortgesit.
Dit volg nadat Magashule se aansoek om te appelleer teen die asbesdak-ouditsaak van R255 miljoen, met koste in die appèlhof van die hand gewys is.
Magashule et al se vervolging hou verband met die bedrieglike asbesdak-oudit wat in Oktober 2014 deur die Vrystaatse regering aangegaan is.
Daar is altesaam 18 beskuldigdes in die saak.
Netwerk24 berig voorts die beskuldigdes staan tereg op onder meer aanklagte van bedrog en geldwassery.
Nie al die beskuldigdes staan op al die aanklagte tereg nie.