Die Argentynse Rugby-unie het die skorsing teen die nasionale span se kaptein, Pablo Matera en nog twee spelers opgehef

Die Argentynse Rugby-unie het die skorsing teen die nasionale span se kaptein, Pablo Matera en nog twee spelers opgehef.
Matera se kapteinskap is ook herstel.
‘n Storm het om die drie se koppe losgebars oor rassistiese aanmerkings wat hulle sowat agt jaar gelede op sosiale media geplaas het.
Matera, Guido Petti en Santiago Socino sal egter steeds nie in Saterdag se eindstryd van die Drienasies uitdraf nie.
Die Argentynse rugbybase sê hul skorsing is opgehef, omdat die spelers om verskoning gevra het en dat hulle sedert die aanmerkings geplaas is, hul
onberispelik gedra het.
Die drie sal egter steeds aan ‘n tugproses onderwerp word.

Luister na potgooie hieronder