Die artikel 194-ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se geskiktheid om die amp te beklee, het sy verrigtinge vir die jaar afgesluit.
Dit ná maande se uitmergelende getuienis van verskeie getuies.
Die komitee moes sy verhoor na volgende jaar skuif aangesien die jongste getuie, die Openbare Beskermer van Zambië, nie gister beskikbaar was om te getuig nie.
Die voorsitter van die komitee, Richard Dyantyi, het gesê dat die verhoorverrigtinge op 30 Januarie 2023 sal hervat.
Mkhwebane beweer om haar uit haar amp te hou, is nie in die belang van geregtigheid nie.
Sy het reeds talle regsprosesse gevolg in ‘n poging om weer agter haar lessenaar in te skuif.