Die Aspen-fabriek in Gqeberha beplan om vandeesweek met die vervaardiging van ‘n nuwe entstof te begin

Die Aspen-fabriek in Gqeberha (Port-Elizabeth), beplan om vandeesweek te begin met die vervaardiging van nuwe Johnson & Johnson entstowwe.

Volgens Netwerk 24 is dit Sondagmiddag deur president Cyril Ramaphosa bevestig.

Hy is deur Stephen Saad, uitvoerende hoof van Aspen Pharmacare hieroor ingelig.

Dit volg nadat die maatskappy die meer as 2-miljoen J&J entstowwe wat alreeds vir Suid-Afrika vervaardig was, moes vernietig, weens besmetting.

Ramaphosa het op ‘n nuuskonferensie na die naweek se G7-beraad in Engeland gesê dat die Covid-19-inentingsprogram hopelik ‘n groot hupstoot sal kry met die entstowwe.

Luister na potgooie hieronder