Die African Transformation Movement (ATM) eis geregtigheid vir slagoffers van die listeriose-uitbraak in 2017.
Die uitbreking, wat meer as ‘n duisend mense geraak het, is na bewering veroorsaak weens nalatigheid deur Tiger Brands.
Die ATM dring daarop aan dat die slagoffers vir enige lyding of verlies vergoed moet word. Zama Ntshona, ATM-woordvoerder, sê die regering, politieke partye, aktiviste, geloofsinstellings en elke Suid-Afrikaner in die land moet saamstaan sodat geregtigheid kan geskied.