Die leier van die African Transformation Movement, of ATM, Vuyo Zungula, sê die party sal die doodstraf terugbring indien dit na die verkiesing die land sal regeer. Die party sal ook polisiebeamptes aanmoedig om te skiet om misdadigers dood te maak as deel daarvan om wet en orde na Suid-Afrika te bring.

Zungula het gister by ‘n saamtrek by die Jabulani-amfiteater in Soweto gepraat. Die party het reeds sy verkiesingsmanifes in Desember verlede jaar in Oos-Londen bekend gestel, en gister se saamtrek was om aan die mense van Johannesburg voor te stel wat die ATM beloof om te bied. Zungula sê sy party is nie-apologeties oor sy radikale sienings oor die hantering van misdadigheid sou hulle aan bewind kom.

error: Inhoud is beskerm !!