Die ATM doen ‘n beroep op die Regterlike Dienskommissie (RDK) om ‘n diverse paneel van gekwalifiseerde regters aan te stel.

Die kommissie voer tans onderhoude met 54 regters om verskeie vakatures in die land se howe te vul. Volgens die ATM sal regters wat die land se diverse rasse- en geslagsamestelling verteenwoordig, help om die regbank se wettigheid en doeltreffendheid te verbeter.

Volgens die party se woordvoerder, Zama Ntshona, moet die kandidate se integriteit, karakter en toewyding tot geregtigheid ook deur die kommissie geëvalueer word.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×