Die African Transformation Movement (ATM) doen ‘n dringende beroep op die Verkiesingshof, om bewerings van wangedrag teen die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, van nader te bekyk.
Die ATM beweer dat die kommissie se voorsitter met die ANC saamgesweer het, om die party se deelname aan die demokratiese proses te ondermyn.
Die aantygings behels ook beweerde pogings om die ATM in aanloop tot die verkiesing te deregistreer. Voorts trek die ATM die regverdigheid en geloofwaardigheid van die verkiesing in twyfel, met geluide oor kiesersbedrog en stemfoute.