Die Australiese krieketspan se boulaanval gedurende hul Suid-Afrikaanse toer in 2018 het teruggekap

Die Australiese krieketspan se boulaanval gedurende hul Suid-Afrikaanse toer in 2018 het teruggekap na sinspelings dat hulle bewus was van die plan om met die bal te gepeuter het in die derde toets in Kaapstad.

Die 3 snellers, Mitchell Starc, Josh Hazlewood en Pat Cummins asook die wegbreekbouler Nathan Lyon het Dinsdag ‘n verklaring uitgereik nadat nuwe gerugte oor hul moontlike betrokkenheid by die skuurpapier-voorval wêreldwyd begin stoom optel het.

Die viertal het bygevoeg dat hulle trots put uit hulle eerlikheid en teleurgesteld is dat hulle integriteit nou in die laaste paar dae in twyfel getrek word.

Hierdie gerugte het begin posvat nadat The Guardian in Engeland met Cameron Bancroft ‘n onderhoud gevoer het.

Diè speler is op heter daad betrap waar hy ‘n stukke skuurpapier in sy broek probeer wegsteek nadat hy die bal daarmee bewerk het.

Hy is toe vir 9 maande geskors en die kaptein en onderkaptein , Steve Smith en David Warner, elk ook vir ‘n jaar net daarna.

Luister na potgooie hieronder