Die Australiese media het behoorlik onder die Wallabies ingeklim

Die Australiese media het behoorlik onder die Wallabies ingeklim nadat hulle die afgelope naweek in hul Bledisloe-kragmeting teen die All Blacks
skande gemaak het.

Die nederlaag van 43-5 word deur die media as afskuwelik en pateties beskryf.

Dit is die grootste loesing wat die Wallabies in die 117 bestaansjare van die Bledisloe-beker gekry het.

Die plaaslike media het sover gegaan om te spot dat die enigste goeie vertoning deur ‘n Aussie op die dag was toe die Australiese volkslied deur ‘n plaaslike sanger gesing is.

Luister na potgooie hieronder