Die Automobiel Assosiasie (AA) het ‘n beroep op die regering gedoen om meer te doen om die hoë brandstofpryse te versag. Suid-Afrikaners verwag vandeesweek ‘n verligting van brandstofpryse. Brandstofpryse bly egter hoog ná ‘n aantal aansienlike verhogings vanjaar. Die brandstofverhogings het ook tot stygings in voedselpryse en inflasie gelei. Die AA sê die regering moet kyk wat hy plaaslik kan doen om die prys van brandstof te verlaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×