Die polisie in Gauteng het Donderdag die baasbrein gearresteer wat glo agter die diefstal en kaping van hoëkaliber voertuie is, wat oor die grens geneem word. Die verdagte, ‘n buitelander, is met vermoedelik gesteelde voertuie gevind nadat beamptes hom vasgekeer het.  Hy is gearresteer na die polisie inligting ontvang het van die verdagte wat by ʼn winkelsentrum rondgeloop het.  ’n Span van verskeie wetstoepassingsagentskappe het die verdagte onderskep.  Hy sal na verwagting Maandag in die Roodepoort Landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×