Die bates in die premierswoning in Bloemfontein kan nie gewys word nie

 Die bates in die premierswoning in Bloemfontein kan nie gewys word nie

Waarnemende hoof van die Vrystaatse departement van openbare werke, Ernest Mohlahlo, het glo aan Netwerk24 gesê dat weens veiligheids- en sekuriteitsoorwegings kan bates van die premierswoning in Bloemfontein nie aan hulle gewys word nie. Duursame en besonderse antieke meubels, Persiese en ander tapyte en skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse skilders vorm deel van die inhoud van die huis. Louisa Botha wat tydens die vorige bedeling saam haar man Louis die administarteurspaar was, het ‘n volledige stel foto’s met byskrifte en beskrywings verskaf. Netwerk24 berig ook dat hy ‘n jaar gelede reeds aanvraag gedoen het om ‘n inventaris wat nou nog nie gestuur is nie. Die Vrystaatse VF Plus sê ‘n oorsigbesoek word beplan om die bates te ondersoek.

Gerdie Karstens