Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het kommer uitgespreek oor die bedanking van Eskom-direksievoorsitter, Mpho Makwana.

Mbalula sê die bedanking kom terwyl daar ‘n geringe mate van stabiliteit by die kragvoorsiener te bespeur was.

EWN berig daar word bespiegel dat Makwana bedank het weens verskille met die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, oor die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende Eskom-hoof.

Dit is reeds sewe maande sedert André de Ruyter as hoof van die kragvoorsiener bedank het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×