Die bedrag geld wat sommige dokters aan versekering moet bestee het die departement van gesondheid geskok. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het aan die parlement se portefeuljekommittee oor gesondheid tydens ‘n inligting sessie oor mediese-regseise meegedeel dat verloskundiges en ginekoloë versekering ter waarde van R1,3-miljoen moet koop om ‘n privaat praktyk te open. Die bedrag was in 2015 R1-miljoen.
LUISTER HIER:
Volgens die Mediese Beskermingsvereniging het die versekeringspremies weens groeiende eise in dié velde toegeneem.