Die Stad Kaapstad sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, moet nie die begroting na kritieke dienste sny nie. Godongwana sal môre die jaarlikse begrotingsrede lewer.
Die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hy verstaan dat die begroting vir die minister moeilik sal wees weens die land se fiskale posisie. Die burgemeester sê die begrotingsbesnoeiings moet egter nie van basiese dienste kom nie.