Daar is ‘n bietjie meer geld in die jaarlikse begroting geskep vir bejaardes, oorlogsveterane, toelaes vir ongeskiktheid asook sorgafhanklikes wat verhoog met R90 in April en nog R10 in Oktober. Die verhoging vir die jaar is 4,8%.

Ouderdomspensioen sal nou R2185 per maand wees. Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het ook die armoedetoelaag van R350 per maand verleng tot Maart 2025. Sowat 9 miljoen mense ontvang tans dié toelaag en sal na verwagting tot 9,2 miljoen styg in die komende jaar.  Die kindersorgtoelae is verhoog tot R530.

Die minister het gesê die regering bly verbind tot die Nasionale Gesondheidsversekering maar dat baie nog gedoen moet word voordat dit in werking gestel kan word. Die belasting op toegevoegde waarde, of BTW, is ook nie verhoog nie. Die minister het R250 miljard opsy gesit vir die volgende drie jaar vir salarisse vir onderwysers, dokters, verpleegsters, polisiebeamptes en ander staatsamptenare.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×