Die beheerliggaam van gholf, R&A het aangekondig dat geen toernooie in die afsienbare toekoms by die Turnberry gholfbaan in Skotland gehou sal word nie

 Die beheerliggaam van gholf, R&A het aangekondig dat geen toernooie in die afsienbare toekoms by die Turnberry gholfbaan in Skotland gehou sal word nie

Die beheerliggaam van gholf, R&A het aangekondig dat geen toernooie in die afsienbare toekoms by die Turnberry gholfbaan in Skotland gehou sal word nie.
Die gholfbaan behoort aan die Amerikaanse president, Donald Trump.
Die Britse Ope het al vier keer by dié baan plaasgevind.
Die besluit volg kort op die hakke van dié van die Amerikaanse PGA dat aanstaande jaar se PGA toernooi nie meer by die Trump-gholfklub in Bedminster gehou sal word nie.
Albei instellings sê om toernooie in dié stadium by bane aan te bied wat aan Trump behoort, sal die aandag van die spel aflei en die sport se reputasie skade berokken.

LeandreAdmin@