Die beheerliggaam van Grey College in Bloemfontein sal vandag in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn

Die beheerliggaam van Grey College in Bloemfontein sal vandag in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn om hulle poste in dié raad te behou.
Dit kom nadat hulle aan die einde van Februarie deur Tsoarelo Malakoane, Vrystaatse Onderwyshoof en weer in Julie deur Tate Makgoe, Vrystaatse LUR vir Onderwys, die trekpas gegee is.
Volgens adv. Greta Engelbrecht, namens die beheerliggaam, het Malakoane buite sy magte opgetree en ook nie die regte prosedures gevolg nie.
Netwerk24 berig in Engelbrecht se betooghoofde kom die jare lange twis tussen die beheerliggaam en die hoof van die skool, Deon Scheepers, weer tot ‘n uitbarsting.

Luister na potgooie hieronder