Die bekende akteur Lieb Bester is vanoggend oorlede

Die bekende akteur Lieb Bester is vanoggend op die ouderdom van 72 in Pretoria oorlede.

Netwerk24 berig volgens sy broer, ds. André Bester, al het hy vroeër Covid-19 gehad, het hy dit die afgelope twee weke nie meer gehad nie.

Bester het egter gesê die effek van die virus was steeds daar en sy organe is beskadig.

Luidens berigte blyk dit dat daar chroniese nierversaking was.

Luister na potgooie hieronder