Die geliefde en bekroonde skrywer, Annelie Botes, het Saterdag ‘n noodoperasie ondergaan, nadat ‘n abses in ‘n amputasiewond aan haar regterbeen ontwikkel het.

Uit een van haar Facebook-plasings blyk dit Botes ervaar reeds sedert einde Augustus akute pyn as gevolg van die amputasiewond.

Sy was die afgelope tyd telke male in die hospitaal weens uiters ernstige infeksies wat met kolon-komplikasies verband hou en haar toestand is verskeie kere as kritiek
bestempel.

Netwerk24 berig sy is verlede week ná ’n suksesvolle kolon-operasie uit ‘n Baaise hospitaal ontslaan.

Saterdag se noodoperasie het nie betrekking op die kolon-komplikasies nie.

Botes se regterbeen is vroeër vanjaar geamputeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×