Die 71-jarige bekroonde skrywer, Rudi van Rensburg, se ma Christa, wat in die Gracias-aftreeoord in Bloemfontein woon, het gister haar 99ste verjaarsdag gevier.

Rudi, wat in Bloemfontein grootgeword het, was ‘n leerling van die Hoërskool Sentraal.

Hy het later vir Volksblad gewerk en is medestigter van die weeklikse poniekoerant, Bloemnuus.

Netwerk24 berig tannie Christa was op haar dag ‘n voorslag in die kombuis.

Hoewel sy aanvanklik gesê het sy gaan niks vir haar verjaarsdag maak nie, het sy tóg gister ‘n baksel botterbroodjies aanmekaar geslaan.

Haar man, Basie, is skielik in 1970 oorlede.

Hy het van 1953 tot 1970 vir die Nasionale Party in die parlement gedien.

Hy was van 1968 tot 1970 minister van pos- en telegraafwese.

Rudi het gesê dit is ‘n ongelooflike voorreg vir hom en sy broer Carel, om nog ‘n ma te kan hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×