Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, ook bekend as Bela, sal vandag deur ʼn volle sitting van die Nasionale Vergadering vir finale aanvaarding oorweeg word. Sou die Nasionale Vergadering dit aanvaar is al wat oorbly vir president Cyril Ramaphosa om dit as wet te onderteken.
Die vakbond Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het gister gesamentlike regstappe teen die wetsontwerp bekend gemaak. Die organisasies beskou die voorgestelde wetgewing as ‘n direkte aanval op Afrikaans en Afrikaanse skole. Die bestuurshoof by AfriForum, Kallie Kriel, sê hulle sal selfs internasionale druk toepas om die Bela-wet te beveg.