Wes-Kapenaars meen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela, sal elke goeie ding in die onderwys vernietig. Verskeie belanghebbendes in die provinsie het onlangs openbare sittings bygewoon  en die omstrede wet as ongrondwetlik verwerp, berig Netwerk 24. Hulle meens selfs dat dit neerkom op ‘n magsgreep deur die staat. Dié en ander menings is in ‘n voorlopige verslag vervat wat Dinsdag in die parlement deur die portefeuljekomitee oor basiese onderwys aanvaar is. Volgens die verslag het 78% van die deelnemers die wetsontwerp verwerp, terwyl 20% dit ondersteun het. Die komitee sal na die reses in Augustus ‘n nasionale verslag saamstel oor al die openbare vergaderings in al nege provinsies. Die meerderheid organisasies en individue is bekommerd oor klousules wat skoolbeheerliggame se gesag oor openbare skole se taal en toelatingsbeleid sal wegneem. Sommige meen die wet is ‘n aanval op Afrikaanse skole. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×