Die meerderheid Suid-Afrikaners wat skriftelik kommentaar gelewer het op die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, of Bela, verwerp dit ten sterkste.

Elleck Nchabeleng, voorsitter van die komitee oor onderwys en ander LP’s in die gekose komitee, het Donderdag ‘n voorlopige verslag oor die proses van openbare deelname oor die voorgestelde wet ontvang. Volgens die verslag het mense geen vertroue in die regering om enigiets positiefs in die onderwyssektor te implementeer nie. Netwerk 24 berig die verslag is deur die komitee aanvaar. Meer as 38 000 geskrewe voorleggings is per e-pos of per hand by die komitee ingedien.

Solomon Mthombeni, komitee navorser wat die verslag Donderdag aan die LP’s voorgelê het, het gesê tussen 80% en 90% van die besware is teen die bevoegdhede van provinsiale departementshoofde om skole se taal-en toelatingsbeleid toe te pas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×