Die beoogde sentrale register waarin korrupte staatsamptenare se name sal verskyn word deur die vakbondfederasie Cosatu verwelkom.

Hulle sê dit is belangrik dat die register inklusief moet wees en amptenare op alle vlakke insluit, ongeag van hulle posisie aangesien baie van die oortreders juis hoë-vlak amptenare is soos LUR’e, premiers en ministers is. Die minister van Openbare Dienste en Administrasie, Mzamo Buthelezi, het onlangs in die parlement die doel van die register verduidelik.

Hy sê die register sal die name van staatsamptenare bevat wat bedank het of afgedank is om te keer dat hulle weer in ander departemente aangestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×