Die beplande afleggings by die SAUK is vir ‘n week lank op ys geplaas

 Die beplande afleggings by die SAUK is vir ‘n week lank op ys geplaas

Die beplande afleggings by die SAUK is vir ‘n week lank op ys geplaas.
Die SAUK-raad het aangekondig dat hy die Artikel 189 vir sewe dae gaan opskort.
Die raad het ‘n spesiale vergadering tot in die vroeë oggendure gehou om die afleggingsproses by die openbare uitsaaier te bespreek.
Honderde SAUK-werkers hou al sedert Maandag plakkaatbetogings teen die beplande aflegging van 400 permanente werkers.
Dit sluit glo verskeie personeellede en omroepers by RSG in.
Die vakbond BEMAWU het intussen sy lede by die SAUK gevra om nié vandag te staak nie, maar gaan hom nou na die Arbeidshof wend om te keer dat die afleggings voortgaan.

LeandreAdmin@