Die besluit om die algemene brandstofheffing in Junie met een-rand-vyftig sent per liter en in Julie met vyf-en-sewentig-sent te verminder, bring slegs ‘n klein bietjie verligting vir die verbruiker, berig Netwerk24. Petrol het steeds oornag tot twee-rand-drie-en-veertig sent per liter en diesel tot een-rand-tien sent per liter duurder geword. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, het gesê hy is diep bekommerd dat die skerp styging in brandstofpryse afstuur op maatskaplike onrus soos dit prysstygings aanblaas en werkloosheid en armoede vererger. Roodt het ook van hierdie sentimente gedeel toe hy ‘n week gelede met Rosestad-luisteraars in Soeklig gesels het. Daar word gevrees dat inflasie weens oormatige prysstygings in Suid-Afrika vanjaar by die 8% kan draai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×