Die besluit oor oudpresident Jacob Zuma se mediese parool, is deur medici geneem

Die woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Maandag ten sterkste ontken dat Arthur Fraser, kommissaris van korrektiewe dienste, oudpresident Jacob Zuma se mediese parool bewerkstellig het.

Hy het beklemtoon dat die besluit deur medici geneem is.

Zuma self het ook nie daarvoor aansoek gedoen nie.

Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, het Maandag bevestig dat dat Zuma hom tans in ‘n mediese gerief bevind.

Hy wou nie bekendmaak waar dit is nie.

Manyi het ook benadruk dat die stigting onder geen omstandighede sal toelaat dat die besonderhede van Zuma se mediese toestand aan die publiek bekend gemaak sal word nie.

Luister na potgooie hieronder