Onderwyskundiges waarsku dat die verwagte reuse besnoeiing van onderwysposte tot chaos in sommige skole kan lei. Provinsies sal weens begrotingsbesnoeiings na verwagting aanstaande jaar met ‘n groot aantal kontrakposte weg moet doen.

Vakbonde sê dit sal tot ‘n toename in klaskamergroottes lei, en ook dat dit skole in arm gemeenskappe is wat die ergste hierdeur geraak sal word. KwaZulu-Natal verwag om 11 000 poste te sny, terwyl die Wes-Kaap meer as 2 400 onderwysposte kwyt kan wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×