Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het ‘n beroep op jongmense gedoen om te registreer om in volgende jaar se verkiesings te stem. Holomisa het gister by die party se 26ste bestaansjaarvieringe in Gqeberha gepraat. Hy het jongmense daaraan herinner dat kiesersregistrasiegeleenthede volgende maand beskikbaar sal wees. Holomisa sê jong mense moet nie verkiesings boikot nie, maar moet die persone en partye wat nie dienste aan hulle lewer nie, uitstem nie.