Volgens dr Dirk Hermann, bestuurhoof van Solidariteit, het hulle ‘n regsbrief aan dr. Joe Phaahla, die minister van gesondheid gestuur in verband met die beperkte regulasies wat bekragtig is om die Covid-19-pandemie te bestuur.

Hermann het vroeg Donderdagoggend op sosiale media gesê dat die regsgeveg begin het.

Netwerk24 berig die regsbrief eis inligting oor die proses rakende die verwerking van openbare kommentaar. Verder word daar ook vrae gevra oor die toepassing van die beperkte regulasies in verband met die dra van maskers, byeenkomste asook mense wat die land wil binnekom.

Solidariteit sê regstappe sal volg indien Phaahla nié teen die einde van die werksdag op Donderdag, reageer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×