Daar is geen rede om ‘n munisipale bestuurstruktuur staande te hou waar wanadministrasie hoogty vier nie. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê Munisipaliteite wat fondse misbruik, sal ontbind word.
Die jongste verslag oor die stand van plaaslike regeringstrukture dui aan dat wanfunksionele munisipale bestuur aan die toeneem is. Hlabisa sê hoewel munisipaliteite eers gemonitor sal word voordat ‘n raad ontbind word, is dit lank reeds tyd dat sondebokke aanspreeklik gehou word.