Die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat het ‘n 31-jarige verdagte tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir moord.

Hy is in hegtenis geneem nadat hy na bewering die slagoffer aangerand, vermoor en in ‘n swembad gelos het.

Die oorledene het ten tyde van haar dood as polisiebeampte by ‘n plaaslike polisiestasie in Reitz gewerk.

Valke-woordvoerder kaptein Christopher Singo sê die provinsiale hoof, generaal-majoor Mokgadi Bokaba, het die polisie en die Valke toegejuig vir sy arrestasie en skuldigbevinding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×